Home
Catalogue
Enquiries
Contact Us
Afrikaanse Tuisblad

Winco Sandblasting - for the perfect gift...

inco Sandblasting is geleë in die hartjie van die Kalahari, Suid-Afrika. Hier doen ons wat die natuur alreeds vir miljoene jare doen - ons gebruik die erosie-tegniek van waaisand om die natuur te laat herleef op fyn glasware en so die ideale geskenk te skep. 

Ons sandgeblaaste glas maak die perfekte korporatiewe of promosie-geskenk, wat jy kan Elke artikel word individueel met die hand geblaasgebruik as gratis advertensie vir die kliënt wat deurentyd in die toekoms herinner sal word aan jou besigheid of onderneming. 

Ons kan jou besigheid se logo deur middel van die sandblaas-proses aanbring op 'n wye verskeidenheid  glasware , bierbekers, drinkglase, afmeetbekertjies of selfs op spieëls, om maar 'n paar te noem. 

Indien u werksaam is by 'n skool of klub, wat altyd op soek is na trofeë waarmee u u leerders of klublede vergoed vir hul prestasies, waarom nie ons toelaat om 'n trofeë vir u te ontwerp nie? Ons doen ook aandenkings en geskenke vir skool- of ander opvoedkundige plekke se reunies. Dit is 'n tydrowende en presiese werk om die ontwerp voor te berei vir die glasblaas-proses

Al ooit gewonder oor die ideale geskenk vir 'n huwelik of 21 ste verjaardag? Loer deur ons groot reeks geskenke wat hierdie geleenthede uniek en onvergeetlik kan maak. 

Ons wye reeks ontwerpe wissel van permanente glasblaasmotiewe van die Groot Vyf op glasware tot jou eie unieke ontwerpe of logo, professioneel herskep op glasware van jou keuse.  Besighede word aangemoedig en is welkom om hul eie korporatiewe logo vir ons te bring vir gebruik in promosie- of korporatiewe geskenke.

Laat ons jou huis versier met enige ontwerp wat jy wil hê op die patio-deur of vensters. Hoe uniek sal dit nie wees nie as 'n groot olifant of leeu jou ingang dophou en waghou oor jou besoekers! 

 

Ons stal gereeld uit by onder andere die volgende byeenkomste: 

  • Kalahari Kuierfees, Upington

  • Wild- en Wynfees, Kuruman

  • Beesfees, Stella

  • Aardklop Kunstefees, Potchefstroom

  • Gariepfees, Kimberley

 

Voorbeelde van ons werk

 

Indien u self wil sien hoe die sandblaas-proses werk, kom kuier gerus op ons Wintion Gasteplaas en ondervind die unieke gasvryheid van 'n regte plaas-atmosfeer. Daar is baie aktiwiteite waaraan u kan deelneem, byvoorbeeld staptogte in die veld, perd- or ponieritte, donkiekarritte, kampering in die veld, springhaas-jag, voëlkyk en baie meer. Jagters is net so welkom, aangesien jagtogte gereël kan word hiervandaan. Vir meer inligting oor ons akkommodasie, loer gerus na Winton Gasteplaas se webtuiste.


<< Home  |  Catalogue  |  Enquiries  | Contact UsAfrikaanse Tuisblad >>

Hierdie bladsy is vernuwe op 02-04-2009
© Winco Sandblasing 2002

 

Laat ons JOU webtuiste ook ontwerrp!